Eredienste by Huis Piek
Huis Piek is ’n tuiste vir selfversorgende bejaardes (55+) in ons gemeente se omgewing. ’n Weeklikse erediens word elke Woensdag om 10:30 deur ons leraars daar aangebied.
Eredienste by Princess Christian
Princess Christian is ‘n tuiste in ons gemeente se omgewing wat spesialiseer in die versorging van persone met demensie of persone wat ernstig verswak is. Ons leraars bedien die inwoners met ’n erediens elke tweede Dinsdag om 10:30.
Bybelstudie word soos per die aankondiging in die gemeentebrief gehou op Woensdae om 09:00 in die kinderkamer.
Reisigers is ’n gemeenskap vir jong werkende volwassenes wat hul plek in die werklike wêreld begin vind. In jou twintigs versnel die lewe vinnig — werk, identiteit, geloof en verhoudings — en niemand behoort daardie pad alleen te stap nie. Hier reis ons saam, deel ons vrae, lag en twyfel, en leer ons wat dit beteken om saam met God én met mekaar te wandel.
Hierdie geleenthede het bekend geword as “bottel-en-bord”-aande – elkeen bring iets om te eet en te drink, en ons deel met mekaar terwyl ons rondom ’n aktuele tema kuier.