Ons Leraars kuier graag by ons gemeentelede en veral nuwe lidmate. Neem vrymoedigheid om ook ‘n Leraar of die Kerkkantoor te kontak indien u ‘n besoek verlang.
Ons stel altyd belang in al ons gemeente-vriende se wel en weë. Laat weet asseblief die kerkkantoor of enige van die leraars van gebeure / ervarings / nuus wat julle graag met ons as gemeente-vriende sal wil deel, sodat ons kan meeleef – die vreugde en die hartseer kan deel!
In geval van ‘n krisis, siekte of hospitalisasie - skakel gerus een van die Leraars vir ‘n besoek en ondersteuning.
Dit is vir ons ‘n voorreg om gereeld by ons ouer-wordende lidmate besoek af te lê. Skakel gerus die kantoor of die Leraars vir ‘n besoek.